Ontspanningsarea van Vredendal se tehuis opgeknap

Die Vredendal-tehuis se onspanningsarea lyk van bietjie anders. Op Vrydag, 12 Mei, het Riana Fouche na die tehuis gegaan om die ontspanningsarea – waar die inwoners kan sit en gesels wanneer hulle bietjie vars lug wil hê of die natuur wil bewonder – opgeknap.
Riana het die tafels en stoele geverf sodat dit ’n mooi voorkoms het en by die natuur pas. Die tehuis se personeel en inwoners sê dat hulle verskriklik bevoorreg is om mense te hê wat omgee en altyd iets vir die inwoners en tehuis wil doen. Hulle is baie dankbaar vir hierdie goeie daad van Riana en waardeer dit opreg.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?