Naweek-aktiwiteite in Matzikama

Volgens kenners lyk die veld rondom Vanrhynsdorp baie belowend vir ’n goeie blomseisoen. Met hierdie dorp as basis is daar ook ’n verskeidenheid opsies in al die windrigtings. As jy nog nie die Gifberg-sirkelroete gery het nie, is dit nou die ideale geleentheid. Ry eers na die Waterval-oord (www.watervalresort.co.za) en dan die berg uit na Gifbergoord (www.gifberg.co.za).

 

Na die kus se kant kan jy plekkies soos Papendorp, Strandfontein en Doringbaai besoek. ’n Daguitstappie na Nieuwoudtville, Calvinia en Loeriesfontein is ook moontlik. Daar is ’n baie mooi grondpad wat laasgenoemde twee dorpe met mekaar verbind. Die Knersvlakte is ook nou baie meer toeganklik danksy die Knersvlakte Spens op die plaas Quaggaskop van Buys Wiese jr.
Bron: www.namaquawestcoast.com

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?