McClaren sirkus is ’n reuse sukses

Die bekende McClaren-sirkus het Vredendal die afgelope naweek besoek. Toeskouers van Vanrhynsdorp, Vredendal, Klawer en vele meer dorpe het die sirkus bygewoon en dit omtrent geniet.

 

Die eerste optrede was die leeus en dit was omtrent ’n belewenis. Die manier waarop hulle opgelei is, hoe gehoorsaam hulle is en die feit dat hulle net so spelerig is soos enige huiskat, is ongelooflik. Daar was optredes wat vuur, slange, honde en vele meer ingesluit het.

 

Die waaghalsige optrede van twee motorfietsryers in ’n ysterbal, die laaste optrede van die dag, was die een wat toeskouers die meeste geniet het.
Daar was ook heerlike verversings te koop soos spookasem, koeldrank, burgers en vele meer. Die toeskouers en veral kinders het die sirkus omtrent geniet en kan nie wag om te sien wat die volgende sirkus behels nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?