Lambertsbaai-markdag op 18 Maart

Mense, die tyd stap nader vir die Lambertsbaai-markdag. Merk solank jul kalenders vir Saterdag 18 Maart. Daar sal stalletjies uit die plaaslike gemeenskap wees wat julle sal bederf met vars produkte, plaaslike wyne, craft-biere, egte Weskus-geregte, handgemaakte produkte en selfs kuns.

Deur die dag sal daar ligte vermaak verskaf word deur kunstenaars soos Vigeniëa Payne, Dobbelsteun, Dawid van der Merwe, Sam en Calla, die wêreldkampioene Die Nuwe Graskoue Trappers, Leatitia Solomons en ook ’n optrede die aand deur ’n spesiale gaskunstenaar.

Kom geniet ’n heerlike langnaweek op Lambertsbaai, hoop om julle daar te sien! Indien iemand nog belang stel in ’n stalletjie, kontak gerus die toerismekantoor vir ’n aansoekvorm. Kom skop jul skoene daardie langnaweek op Lambertsbaai se mooie strande uit!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?