Klawer Rooibulle teen Vredendal-rugbyklub

Op Vrydag, 5 Mei, gaan die Rooibulle kragte meet teen Vredendal-rugbyklub se manne. Dit sal plaasvind op Vredendal se sportterrein.

 

Die wedstryde is as volg: die eerste wedstryd gaan om 19:00 begin en die tweede wedstryd om 20:00. Daar sal ook ’n beperkte aantal braai-losies beskikbaar wees en dit beloop R150 per losie. Kontak Willie Geldenhuys by 082 453 3305 om jou braai-losie te bespreek.

 

Bring jou hele gesin en vriende saam en geniet die rugbywedstryde en die goeie sportgees waarmee die manne gaan speel.
Bron: Vredendal Smous, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?