Klawer Rooibulle teen Excelsiors

Eerskomende Saterdag, 10 Junie, is daar groot rugby-aksie op Klawer aangesien twee van die dorp se rugbyspanne kragte op hul tuisveld gaan meet. Klawer Rooibulle en Excelsiors gaan teen mekaar speel.

 

Hierdie wedstryd gaan op Klawer-Noord se sportterrein plaasvind en die wedstryd skop om 16:00 af. Die doel van die wedstryd is om die manne fiks te hou. Dit gaan interessant wees om te sien hoe die twee tuisspanne teen mekaar gaan opmeet.

 

Gaan ondersteun Saterdag jou gunstelingspan. Dit gaan beslis ʼn wedstryd wees wat jy nie wil misloop nie. Sterkte aan albei spanne, speel hierdie wedstryd met goeie rugbygees en mag die beste span wen!
Bronne: Chris de Beer, Klawer Rooibulle-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?