Invincible RVK se uitslae

Die manne in swart en wit van Invincible RVK het op Saterdag, 24 Junie, na Lambertsbaai gereis om kragte te meet teen Marines op Lambertsbaai se sportterrein.

 

Invincible se A-span het met 17-15 teen Marines verloor. Die puntemakers van die A-span is as volg: Drieë: Jerigo Thomas (2) en Dimitri Isaks. Die B-span van Invincible het Marines met 31-13 geklop. Puntemakers van Invincible: Drieë: Riaan Hough, Ettienne Moolman, JP Julies en Willdrey Cloete. Twee stelskoppe is oorgesit deur Herschelle Kamfer.

 

Baie geluk aan beide spanne van Invincible RVK en Marines met jul oorwinning. Die beste spanne het aan die einde van die dag gewen. Invincible RVK berei ook die week voor vir hul wedstryde eerskomende Saterdag teen die Excelsiors-rugbyklub van Klawer.

 

Bron: Hilton Skippers, afrigter van Invincible RVK

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?