Invincible RVK se spelers gekies vir Boland o.20-rugbyspan

Invincible RVK wil van die geleentheid gebruik maak om Ufendale Pienaar geluk te wens met sy insluiting in die Boland o.20-span. Hulle speel komende naweek teen die Griffons waar hy heel moontlik te staan gaan kom teen nog ʼn speler van Invincible RVK, JP Nortje, wat in die Griffons   o.20-groep ingesluit is.

 

Dit doen ʼn afrigter se hart goed as sy spelers in aanmerking kom vir enige provinsiale span. Ons wil die manne sterkte toewens met die naweek se wedstryd en hulle kan verseker wees ons gaan die wedstryde volg. Ufendale is die enigste speler wat gekies is uit die Noord-Weste en as klub is ons baie trots.

 

Invincible RVK is ook nog op soek na borge om te help met Ufendale se petrolgeld na Wellington, so elke skenking sal baie waardeer word. Enigeen wat belang stel om ʼn skenking te maak, kan Hilton Skippers kontak by 062 488 1714 of 027 217 3162

 

Bron: Hilton Skippers, Invincible RVK-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?