Goeie nuus vir Matzikama-streek en omliggende areas

Op Maandag, 22 Januarie het die Minister van Gesondheid, Nomafrench Mbombo, die Matzikama-streek besoek. Minister Mbombo het met die munisipale raad en ander rolspelers vergadering gehou. Omdat die gesondheidsdienste van die publiek vir die raad ’n proriteit is, is verskeie kwelpunte bespreek asook oplossings wat gevind word daarvoor.

Minister Mbombo het bevestig dat die volgende klinieke vanjaar en aanstaande jaar opgradeer sal word:

  • Vredendal-Suid
  • Vredendal-Noord
  • Vanrhynsdorp
  • Nuwerus
  • Molsvlei
  • Lutzville

Matzikama vat die grootste hap uit die Departement Gesondheid se begroting met R133 246M wat in die area spandeer word. Die minister en raadslede is na afloop van die vergadering na wyk 8 om die goeie nuus met die inwoners te deel en ook te vergader.

Foto: Rhenda Stephan, Burgemeester, ontvang Nomafrench Mbombo, Minister van Gesondheid, hartlik in Matzikama.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?