Excelsiors-rugbyklub knip Vanrhynsdorp Eagles se vlerke

Op Saterdag, 24 Junie, het daar groot opgewondenheid geheers op Klawer toe Excelsiors-rugbyklub en Vanrhynsdorp Eagles kragte gemeet het. Baie ondersteuners het hierdie rugbydag bygewoon. Die drie spanne het mekaar behoorlik die stryd aan gesê en aan die einde van dag het die manne in groen en goud van Excelsiors-rugbyklub gewen.

 

Excelsiors-rugbyklub se A-span het Vanrhynsdorp Eagles met 28-27 geklop en die puntemakers van die A-span was as volg: Drieë: Brandon Erasmus (2) en Niklaas Kallemeyer (1). Darren Korner het drie strafskoppe en twee doelskoppe oorgesit.

 

Die B-span van Excelsiors en Eagles se tellings was gelykop met 11-11. Drieë: Clifford Saal (1). Greory Filand en Godfrey Baadtjies het elk ʼn strafskop oorgesit. Die C-span van Excelsiors het die Eagles met 24-17 geklop.

 

Die dag was beslis vol verrassings en Excelsiors-rugbyklub het hulself asook hul ondersteuners trots gemaak met hierdie oorwinnings. Die manne in groen en goud het ná die wedstryde hul oorwinning behoorlik gevier en natuurlik met goeie rede. Baie geluk aan Excelsiors-rugbyklub met die oorwinning en ook baie dankie aan Vanrhynsdorp Eagles vir die opkoms van Saterdag.

 

Sterkte aan alle spanne met die week se oefensessies en voorbereidings van eerskomende Saterdag se westryde.

 

Bron: Donovan Balata, afrigter van Excelsiors-rugbyklub

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?