Chardonnay-selfsorgeenheid

Die Chardonnay-selfsorgeenheid is geleë op Lutzville naby Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.

 

Dié bekoorlike eenheid is naby, maar apart van die eienaar se huis. Dit bestaan uit ’n slaapkamer met ’n en suite-badkamer, en ’n kombuisie. Die slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n TV met volledige DStv en daar is ’n stort, wasbak en toilet in die badkamer. Beddegoed word voorsien en ’n ekstra enkelbed is beskikbaar op versoek.

 

Die kombuisie het ’n yskassie, mikrogolfoond, oondjie, tweeplaatstofie, en eetgerei en breekware. Daar is ’n privaat patio met ’n houttafel, bankies en ’n draagbare braaier. En die eenheid het gratis WiFi en veilige parkeerplek.

 

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Bron: lekkeslaap.co.za, Chardonnay Self Catering

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?