Weeklikse Sundowner-rondte op Lutzville-gholfbaan

Die Lutzville-gholfklub bied Vrydagmiddag weer ’n Sundowner-gholfrondte aan. Dit is baie lekker om deel te neem omdat dit ’n sosiale byeenkoms is.

Twee spanne van twee skryf in vir die byeenkoms wat op die “better ball”-formaat gespeel sal word. Dit beteken dat die spanmaats elke keer hul volgende hou speel van die bal wat op die beste plek op die baan lê.

Hierdie byeenkoms sal om halfvier begin en afslaantyd is enige tyd rondom die begintyd. Die inskrywingsfooi is die gewone R50. Kom verbeter jou gholfspel deur deel te neem aan hierdie lekker sosiale byeenkoms, dit is elke keer net ’n groter sukses.

Bron: Oubaas Kersop, lid van die Lutzville-gholfklub.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?