Vredendal-rugbyklub begin met oefensessies

Die Vredendal-rugbyklub het in aksie gespring en oefening het amptelik begin. Die manne van die rugbyklub het gister begin oefen om almal weer op dreef te kry vir die seisoen.

Oefeninge sal elke Dinsdag en Donderdag plaasvind tussen sewe- en agtuur.

Ons sê baie dankie aan die voorsitter en die spanbestuurder wat hierdie moontlik gemaak het – nie net om die rugby op die dorp weer aan die gang te kry nie, maar wel ook om vir mense die geleentheid te skep om bymekaar te kom en om saam te kuier.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?