Vredendal-rugbyklub begin binnekort met oefening

Die Vredendal-rugbyklub is al amper aan die gang met voorbereiding vir ’n sportdag wat oor sowat ’n maand gaan plaasvind. Die oefening begin op 2 Februarie en sal Dinsdae en Donderdae plaasvind.

Die rugbydag is op 11 Maart. Die dag sal oop wees vir enige span wat wil inskryf. Baie spanne gaan genooi word en hoef nie fisies in te skryf nie. Dit gaan sewes-rugby wees wat gespeel word om dit ’n meer aksievolle dag te maak.

Die datum van die rugbydag kan dalk verander maar as so iets gebeur sal ons jou op hoogte van sake hou.

Bron: Bernard Barnard, Vredendal-rugbyklub.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?