Veeldoelige gebruike van Vaseline

Petroleum jellie, of te wel ‘Vaseline’, doen wondere vir droë vel en droë lippe. Dit restoreer die liggaam se natuurlike vog in die vel. Dié jellie is ook nie net goed vir jou liggaam nie, maar kan vir verskeie take in en om die huis gebruik word.

* Wanneer jy Vaseline aan jou leerskoene smeer hou dit die skoene waterbestand. Dit steek ook skuurmerke op jou skoene weg.
* Dit kan ook help om ’n ring wat aan jou vinger vassit verwyder. Smeer vaseline onder in die ring so ver jy kan en skuif tot die ring los kom.
* Jy kan Vaseline om die rand van jou naelpolitoerbotteltjies smeer. Dit verhoed dat jy volgende keer sukkel om die botteltjie oop te draai.
* Kraak die deur in jou huis? Smeer net Vaseline aan die skroewe en jou huis sal nie meer spook nie.
* Jy kan ook Vaseline as ’n opvryfmiddel gebruik indien jy nie duur politoer wil aanskaf nie.
* As jy nie kerse het as die krag afgaan nie, kan jy ’n vuurhoutjie met Vaseline smeer, in die potjie druk en aansteek. Wees wel versigtig en bly by die oop vlam, aangesien meeste Vaseline potjies van plastiek is en kan maklik smelt.
*Smeer Vaseline aan jou toerustings soos jou tange en skroewedraaiers. Dit verhoed dat jou toerusting roes.
* Jy kan ook Vaseline aan die ratte van jou fiets smeer om dit langer te laat hou.
* Smeer Vaseline aan ’n ritssluiter wanneer dit vashaak en wikkel dit versigtig.
* As jy wil hê jou parfuumreuk moet langer hou, smeer vooraf Vaseline aan die area waar jy gewoonlik jou parfuum aanspuit.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?