Sosiale krieket het ’n vol week

Die sosiale krieket-liga speel vir die eerste keer dié seisoen drie wedstryde op een dag. Op 1 Februarie gaan die manne kragte meet op Lutzville, Vredendal en Vanryhnsdorp.

Vir die eerste keer dié seisoen verwelkom die Lutzville Greenbats die Vredendal Giants om 18:00 op Lutzville se sportterrein. Die SAPD gaan die Matzikama-munisipaliteit aanvat op Vredendal se sportterrein en Vanryhnsdorp se span speel teen Namakwa Engineering op die Vanryhnsdorp sportterrein.

Ons wens hierdie spanne baie sterkte toe en dat hulle hulself sal geniet en goeie gees na die tafel bring.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?