Meer oor die Tomato Leafminer

Die Tomato Leafminer is al vir jare ’n probleem in die Matzikama-omgewing. Dit het al baie boere se oeste verswak en party s’n totaal omvergegooi. Die hantering van hierdie pes is van uiterste belang in ons omgewing. Hier is belangrike inligting wat jou kan help om jou tamatie-oes te red.

Papies

Die Tomato Leafminer se papies kom voor in baie sterk kokonne. Hierdie kokonne kom niks hoër as grondvlak voor nie. Die kokonne word gekamoefleer in die kleur van die plant self, of dit lyk baie soos die grond waarop dit gevorm is.

Motte

Die motte is aktief in die aand en is gedurende die dag in ’n tipe van ’n rusperiode. ’n
Volgroeide mot kan tot 260 eiers lê in die tyd van voortplanting. Hulle lewe vir ten minstens ’n week tot twee weke in die somer en hulle kan nog langer leef in kouer toestande.

Lewensiklus

Die Tomato Leafminer kan in sy volle lewenssiklus tot drie weke lank leef, maar kan baie langer lewe in koue toestande bevind. Hulle kan tot agt millimeter groei, wat redelik groot is vir ’n pes wat aanteel in sulke groot getalle.

Feite oor die pes

As die aantal insekte hoog is, werk die hulle saam om een plant of gewas baie vinnig uit te roei. Die larwes beweeg van een blaar tot die ander een, as baie van hulle dieselfde blaar vreet. Jong plante word totaal en al vernietig terwyl ouer plante tussen tagtig en honderd persent skade ervaar. Hoe meer die larwes is, hoe groter is die kans dat die gewas self ook aangeval kan word en nie net die blare nie. Die gate in die gewas waar die larwes ingaan, kan oral gevind word, maar hierdie gate sal meestal aan die onderkant van die gewas gevind word. Larwes kan tot en met 1.5 cm in die gewas intree. Die ingangsgange tree op as sekondêre paaie vir patogene wat die gewas maklik laat vrot.

Sanitasie

In dié geval is sanitasie die vernietiging of verwydering van gewasse of plante wat die draer van hierdie pes is. Verwydering van oorskotplante of -plantmateriaal op ’n land wat klaar ge-oes is. Sanitasie in tonnels wat voorheen gebruik is, is baie belangrik. Die houers of soos die boere hier rond dit ken, kwekery-“trays”, moet ook verwyder word en vêr weg van die plante af wees.

Rotasie van gewasse

Dit is belangrik om gewasse te roteer. Vervang die gewasse wat draers van die pes is met die gewasse wat nie draers is nie, of nie tekens wys van die pes wat dit besmet het nie.

Monitering en feromoon-lokvalle

Monitering sit boere op die voorvoet, dit laat boere toe om die pes agter te kom voor dit die landerye intree en enige skade kan aanrig. Monitering is nie net belangrik om die gehalte van jou gewasse te verhoog nie maar ook om peste en insekte wat skade kan aanrig, te beheer en uit te roei.

Deltalokvalle is ook baie behulpsaam in die proses om hierdie spesifieke pes vas te keer. Hierdie lokvalle word gebruik om die manlike motte te lok. Tomato Leafminer feromoon-lokaas word in hierdie lokval geplaas, so word die manlike motte gevang.

Selfgemaakte waterpan-lokvalle kan ook gebruik word om die motte te vang. Hierdie lokval moet opgesit word sodra gewasse aangeplant word om die intensiteit van peste te bepaal.

Parasitoide

Parasitoide is definitief die antwoord. Dit is gewoonlik perdebye wat hul eiers bo-op of naby die eiers van larwes of peste lê. Hulle is baie belangrik vir die beheer of uitroei van peste.

Kontak dadelik vir Syngenta oor giwwe en ander tegnieke om hierdie peste onder beheer te kry en uit te wis.

Syngenta : 027 217 2327

Bron: Oubaas Kersop, Syngenta

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?