Gebakte lam met gegeurde rys

Probeer hierdie smullekker gebakte lam met gegeurde rys en bederf jouself en jou gesin.

Bestanddele:

  • 300 ml rys
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • sout en swartpeper
  • 80 ml olyfolie
  • 45 ml tandoori-speserye
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 8 lamtjops

Metode:

  1. Verhit oond tot 200C.
  2. Plaas rys en aftreksel in ’n middelslagpot en geur met sout. Bring tot kookpunt, draai hitte af, en prut stadig tot rys gaar, sag en al die vloeistof geabsorbeer is.
  3. Meng olyfolie, tandoori-speserye, knoffel en ui in ’n aparte bak. Bedek die lamstjops aan beide kante met mengsel.
  4. Skep die gaar rys in ’n gesmeerde oondbak en plaas lamstjops bo-op. Gooi die res van die oliemengsel oor. Geur goed met sout en swartpeper
  5. Plaas in oond en bak vir 20 – 25 minute of tot lam gaar is.
  6. Sit warm voor met Griekse jogurt en gekapte koljander.

Berig verskaf deur www.facebook.com/nieuwoudtvilleslaghuis/

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?