Dienste en Opleiding

Dienste en Opleiding

 

Vredendal, Western Cape

Ons is opsoek na 12 tot 30 jeugdiges tussen 18 en 35 jaar oud om opgelei te word in SPIRA grade E, D & C. Alle rasse welkom.

Hulle moet werkloos wees of hul werk in kennis stel indien hulle sou werk ( met verwysingsbrief van werkgewer) , Godvresend wees, dinamies, eerlik, gehoorsaam, gedisiplineerd, opreg, belangstelling in Veiligheidsdienste hê, sonder enige tatoeërmerke wees, sonder enige kriminele rekord en hoef geen werksondervindig te hê nie,

Alle kandidate moet Afrikaans en Engels magtig wees.

Kostes beloop R3000 per persoon.

Ons verlang die volgende dokumente:

  1. ID Kopieë
  2. Bewys van woon adres
  3. Kontak telefoon nommer en woon adres
  4. Adres van naasbestaandes nie woonagtig by dieselde adres nie.
  5. Polisie klaring
  6. Bewys van bankrekening met bank se datumstempel , geen bankstaat word aanvaar nie.
  7. Volledige CV met copies van alle dokumente daarin vermeld.
  8. Alle persone vanaf Graad 8 ( Standerd 6- moet geslaag het) en Graad 12 ( Standerd 10) is welkom om aansoek te doen.
  9. Alle kopieë moet gesertifiseer wees by ‘n Polisiestasie.

12 Kandidate sal gekeur word vir verdere opleiding wat 2 jaar gaan duur. Die 12 kandite sal geen verdere kostes betaal nie en sal met uniform uitgereik word.

Alle kandidate staan die kans om opgeneem te word om verder vir COPS te werk indien hulle sou belangstel.

Opleiding begin op 13 Junie en strek oor 2 weke. Die beste 12 leerders sal gekies word om vir die 2 jaar opleiding te registreer met COPS. Die 12 “Trainees” sal ‘n maandelikse toelaag ontvang tydens opleiding. Besonderhede sal gedurende die 2 weke kursus bespreek word.

Daar sal gebruik gemaak word van diensverskaffers wat SASSETA geregistreed is.

Sluitingsdatum is Woensdag 7 Junie 2017.

Aansoeke kan gepos , per hand afgelewer of ge-epos word.

Ons kantoor is geleë te Perseel 2436, Gegund Straat, Vredendal-Noord, Vredendal. Ons kantoor nommer is 027 2131055 Sel Nommer. Posbus 201, Vredendal, 8160. Email cops4rent@gmail.com

Moenie laat wees nie. ‘n Stadige gans verloor sy kans.

Hou die spasie dop. Groot dinge sal nog hier gebeur.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?