Atletiek by Hoërskool Vredendal

Hoërskool Vredendal se atletiekbyeenkoms word eerskomende Vrydag by die skool se sportterrein gehou. Die eerste nommer begin om agtuur en die dag se verrigtinge sal om en by twee-uur afgehandel wees. Die leerders het deur die loop van verlede week harde oefening ingesit en sal vandeesweek verder voorberei. Die wenspanne sal ook by die byeenkoms aangekondig word. Sterkte aan alle deelnemers, ons glo julle sal uitstekend vaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?