Uitkyk Primêr word bederf deur Uitkyk-biblioteek

As deel van Nasionale biblioteekweek het die biblioteek van Uitkyk vir die leerders van Uitkyk Primêr ’n storie gaan lees. Die biblioteek het ook vir leerders geleer hoe om ’n boek reg te hanteer.

Ná die storie het hulle vir 93 graad 3-leerders elkeen ’n boek wat toegedraai is – met ’n boekmerk daarin – as geskenk uitgedeel. Die leerders het ook saam met die boek ’n lekkergoedpakkie ontvang en hulle kon nie wag om dit te eet nie. Baie dankie aan Me. L Burger en me. J Stuurman dat julle die leerders so bederf het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?