Tweede helfde van sosiale krieketliga-seisoen begin

Die tweede helfte van die Matzikama-omgewing se sosiale krieketliga-seisoen het Dinsdagaand amptelik. Die eerste wedstryde het plaasgevind op Vredendal se sportterrein en vier spanne het meegeding. Die uitslae is:

 

Redbats vs Cobras ;

128-8     vs    96-6

Die ligte het afgegaan in die 15de boulbeurt terwyl die Cobras gekolf het, en hulle moes gebruik maak van die Duckworth Lewis-stelsel om die wenner te bepaal. Die Redbats het die wedstryd met 1 lopie gewen.

 

Giants   vs   Matzikama

116-8     vs   79 (almal uit)

Dit het in ’n stadium gelyk of die Giants probleme het met die Matzikama-kolwers, maar met ’n baie goeie boulaanval en uitstekende veldwerk het die Giants dit reggekry om redelik oortuigend te wen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?