TV-hoogtepunte: 11 Oktober 2017

Wat kyk jy vanaand? Hier is so paar hoogtepunte op die kassie.

19:30 kykNET (kanaal 144): Binnelanders

Die afwagting vir die raad se besluit oor Ongevalle beïnvloed die dag se gebeure. Naomi word onkant betrap deur Ferdi se vraag. Tertius probeer Karli gemoedsrus gee oor hul toekoms.

20:00 kykNET (kanaal 144): Edik van Nantes

’n Gesonde ontbyt is die belangrikste ete van die dag en verskaf die nodige energie vir elke aktiwiteit. Maar wanneer gaste kom kuier, is opwindende smake die goue riglyn. Die broers bekoor.

20:30 VIA (kanaal 147): Wat is in ’n naam?

Die bekende paartjies Diaan Lawrenson en Jody Abrahams asook Emo Adams en Michelle Gildenhuys verken hul herkoms deur in hul familie se liefdesverhale te delf.

21:30 VIA (kanaal 147): Buite die lyne

Suid-Afrika se toprugbyspelers en hul naastes kom kuier en kook by die geliefde Elma Smit om oor hul lewe duskant die kantlyn en, natuurlik ook, kos te gesels.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus, artikels en smullekker resepte, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?