Trawalians se rugbywedstryde

Op Saterdag, 1 April, het Trawalians-rugbyklub gereis na Paleisheuwel om Young Diggers op hulle tuisveld die stryd aan te sê.

Die tellings is as volg: Trawalians se A-span klop Young Diggers met 14-13. Die puntemakers is: Drieë: Wanie Titus (1) en Elton Johannes (1). Winslow Peer het twee stelskoppe oorgesit. Met hierdie oorwinning van die A-span neem Trawalians 4 waardevolle ligapunte saam met hulle huis toe.

Die B-span van Young Diggers het Trawalians met 29-3 geklop. Hilton Brink en Teno Tieties is gesamentlik en welverdiend aangewys as die beste spelers van die wedstryde. Baie geluk aan Trawalians en Young Diggers vir die goeie sportgees waarmee julle gespeel het, julle kan trots wees op julle spanne. Eerskomende naweek speel Trawalians gasheer vir Citrusdal Villiagers op die Klawer-Noord sportterrein.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?