Trawalians kry pak op eie bodem

Op Saterdag, 20 Mei, het die Trawalians gasheer gespeel vir die onoorwonne Majestic-rugbyklub van Citrusdal op Sigma, Trawal se sportterrein. Trawalians het op die harde manier geleer waarom Majestic eerste op die gemeenskapskild is.

 

Die wedstryde se tellings is as volg: Trawalians se A-span verloor 7-30 teen Majestic. Die puntemakers van Trawalians is as volg: Drieë: Heinwille Nansie (1). Mario het een stelskop oorgesit. Die B-span van Trawalians verloor 7-29 teen die Majestic-rugbyklub.

 

Baie geluk aan Majestic-rugbyklub met die oorwinning en Trawalians dat hulle goeie gashere was en dat hulle ook hierdie wedstryde met goeie gees gespeel het. Mag julle beter vaar in die volgende wedstryde.
Bron: Willy Abrahams, Trawalians-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?