Tollie Louw gee raad vir ’n suksesvolle besigheid

Tollie Louw, eienaar van EDK Besigheidsmasjiene en Office National, het al die afgelope 17 jaar diep spore in Vredendal se sakewêreld getrap. Sedert 2000 is EDKB in die Namakwaland, Karoo en die Weskus werksaam.

EDKB diens en herstel alle kantoormasjiene soos kopieerders, drukkers, CCTV, kameras en rekenaars. EDKB verskaf ook ’n groot verskeidenheid drukkers en ink. EDK Office National fokus op skryfbehoeftes, kantoormeubels en ander kantoortoerusting.

Volgens Louw is die sleutel tot sukses beplanning, toepassing, beheer, evaluasie en aanpassing.

“Om jou finansies konserwatief te bestuur, jou kliënt te ken en uitstekende diens te lewer is ook uiters belangrik,” sê Louw.

Om ’n goeie verhouding met jou werknemers te hê is volgens Louw net so belangrik.

“Jy werk met persoonlikhede en jy moet begrip daarvoor hê. ’n Ketting is so sterk soos sy swakste skakel.”

Om goeie kliëntediens te behou, sê Louw, moet jy jou kliënt se behoeftes verstaan en wanneer daar probleme opduik, hanteer dit deur te fokus op ’n oplossing wat vir beide partye aanvaarbaar is. Goeie menseverhoudinge is deurentyd belangrik.

In die geval dat daar konflik of ’n klagte van ’n kliënt af is, gee Louw die volgende raad: “Luister en hou aan luister. Laat die kliënt stoom afblaas en dan kan julle met ’n oplossing begin.”

Bemarking is altyd ook ’n moet vir enige suksesvolle besigheid.

“’n Mens koop met die oë. As ’n potensiële kliënt nie van jou produk of diens weet nie, sal jy geen besigheid doen nie,” sê Louw.  

EDKB maak gebruik van Lumico se dienste en bemarking, asook van die tradisionele ‘word of mouth’.

“Die leuse by EDKB en EDKON is as volg: Ons laat nooit ons kliënte alleen in die tye van nood nie. Ons staan pa vir ons probleme en sorteer dit uit. Ons produkte en diens is van bogemiddelde standaard. Jy kan pyl trek op ons by EDK.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?