Toks-aand ’n sukses

Gisteraand (23 Mei) het Toks van der Linde Vredendal-sportklub besoek. Die aand het afgeskop met elke gas wat ’n Windhoek Draught gekry het as verwelkoming by die geleentheid. Die opening van die vasvra-aand met Toks het afgeskop met ’n optrede van die Broers. Toks van der Linde en die Broers toer saam. Hulle is handelsmerk-ambassadeurs vir Windhoek Draught.

Die broers het met vier liedjies geopen waar mense saam kon dans om die aand meer te begin, waarna Toks se vasvra begin het. Met sy goeie gees en persoonlikheid het hy die mense lekker uitgedaag en elke persoon wat ’n regte antwoord gehad het, het ’n Windhoek T-hemp, ysbak of hoed ontvang.

Ná almal lekker saamgekuier het en hul pryse ontvang het, het Die Broers hul laaste optrede gehad en daarna het almal na die sportklub beweeg vir verversings en om buite by die vuur te sit. Toks en sy span gaan Langebaan môre besoek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?