Waterval-natuurbestemming, die versteekte paradys

Waterval-natuurbestemming, die versteekte paradys in die Maskam omgewing- is ongeveer 35 km van Vanrhynsdorp.

 

Hier is staproetes, rotsklimroetes asook duisende voëls vir die kranige voëlkyker. Ons grootste aantrekking is natuurlik die 380 meter hoë waterval in die Troe-Troe Rivier – een van die hoogstes in Suid-Afrika. Die waterval vloei slegs gedurende die reënseisoen, van April tot middel November. Rotstekeninge van die Khoisan-gemeenskap van vroeë jare is ook te sien teen die Maskamberg se rotswande.

 

Die eenvoudige oopplan-huisies bied alles wat nodig is vir eenvoudige, gemaklike verblyf. Die pragtige lapa word ook gebruik vir funksies soos onder meer troues. Daar is ook het ’n lieflike klein kerkie.
Bron: www.watervalresort.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?