Verblyf by La Larich

Le Larich is in die hartjie van Lutzville geleë en bied verblyf met lieflike kamers wat elkeen slaapplek vir twee mense het.

 

Die kamers het almal lugversorging en is ingerig met gemaklike dubbelbeddens of koningingrootte-beddens en elke kamer het ’n privaat badkamer met ’n stort. Ons voorsien al die nodige linne en handdoeke. Elke kamer het ook ’n TV met DStv.

 

Die kamers deel die gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg en gaste het ook toegang tot ’n lapa met ’n swembad – let asseblief daarop dat jy vooraf reëlings moet tref vir gebruik van die lapa en swembad.

 

Le Larich is stapafstand van die sakekern, ’n verskeidenheid winkels, ’n apteek, hotel en banke. Die Lutzville-wingerde en gholfbaan is ook net 1 km ver en 28 km agter die stuur sal jou tot in die lieflike Strandfontein bring.
Bron: Lekkeslaap.co.za, La Larich

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?