Opwindende gebeure om na uit te sien by Die Keldery

Die nuwe jaar het reeds afgeskop en is daar baie dinge om na uit te sien in 2019 by Die Keldery. Vanjaar kan jy jou ook gereed maak vir tientalle ander opwindende gebeure by hierdie gewilde restaurant. Met Manie Jackson wat op Donderdag, 31 Januarie, ’n volgepakte restaurant vermaak het met sy musiek optrede, is daar nog vele meer om na uit te sien.

Die Keldery het op Donderdag, 14 Februarie ’n romantiese drie-gang Valentynsete. Kontak ons by 027 213 3699 om jou tafel te bespreek en om teleurstelling te voorkom. Dit is die perfekte manier om jou geliefde te bederf. Hou ook ons sosiale media dop vir die spyskaart. Die Valentynsete begin om 19:00.

Daar is vanjaar nog verskeie opwindende geleenthede om na uit te sien en jy wil dit beslis nie misloop nie.

Nie net kan jy uitsien na die romantiese Valentynsete nie, maar jy kan jouself gereed maak vir ‘n lekker dans opskop soos min. Op Saterdag, 20 April, gaan Suid-Afrikaanse sanger en liedjie skrywer Steve Hofmeyer  gaste vermaak by Die Keldery. Dit is beslis een optrede wat jy nie mag misloop nie.

Jy kan ook vanjaar uitsien na Lieflinge wat gaste gaan bederf met sy lekker sing- en

Dansliedjies. Op Vrydag, 3 Mei, maak Lieflinge hul verskyning by Die Keldery restaurant. So maak seker jy stof solank jou dansskoene af, want jy gaan hierdie aand uit sommer baie geniet.

Op Donderdag, 26 September besoeker Ruan Josh en Franja du Plessis, Die Keldery. Jy kan jou gereed maak  vir ’n aand van hope pret en plesier. Dit gaan beslis die moeite werd wees.

Hou Die Keldery se webtuiste en sosiale media dop vir  meer inligting oor aankondigings oor hierdie opwindende geleenthede.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?