Namaqua Lodge op Vanrhynsdorp

Namaqua Lodge is geleë op Vanrhynsdorp, die hart van Namakwaland, 300 km noord van Kaapstad en 270 km suid van Springbok. Die eg-Namakwalandse gasvryheid en vriendelikheid wat gaste ontvang by Namaqua Lodge, verseker dat hulle gereeld terugkom en weer kom kuier.

Omdat Vanrhynsdorp op die hoofroete tussen die Kaap en Namibië geleë is, bied Namaqua Lodge verblyf langs die N7 en het hulle ook baie gereëlde gaste wat by hulle oornag om die lang pad korter te maak.

Omdat Namaqua Lodge so sentraal geleë is, verkies baie reisigers wat in die Matzikama- of Namakwaland-area sake doen, om Namaqua Lodge hulle tuiste te maak tydens hul reis. Nabygeleë dorpe rondom Vanrhynsdorp sluit in: Nieuwoudtville, Vredendal, Klawer, Lutzville, Nuwerus en Bitterfontein. Namaqua Lodge bied verblyf aan talle sakelui wat in hierdie area kom werk.

Buiten verbygaande toeriste en reisigers bied Namaqua Lodge ook verblyf aan toeriste wat ons streek beter wil verken. Dit sluit in Namakwaland, Weskus, Olifantsriviervallei, Knersvlakte, Gifberg, Maskamberg, Kobee, Matzikama met talle staproetes, historiese geboue, rotskuns en vele meer! Met al hul geriewe voorsien Namaqua Lodge werklik in elke gas se behoeftes teen baie bekostigbare tariewe.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?