Musikale middag met Coffee Snobs by Fryer’s Cove

Fryer’s Cove Restaurant op Doringbaai bring op 6 Oktober die musiek-duo Coffee Snobs na die Matzikama-Weskus. Die restaurant het ’n plaaslike gunsteling onder toeriste wat die streek besoek, veral omdat die restaurant enkele meters van Doringbaai se ligtoring is en oor hul besonderse wyne.

Coffee Snobs is ’n bekende musiekduo – Vernette en Marius Wessels – wat landwyd erken word vir hul Afrikaanse treffers. Hul eerste liedjie, Eie Land, het in 2015 die nommer een posisie op Groot FM en Sfm se trefferlyste behaal en was die amptelike liedjie vir die Old Mutual Joburg2c-bergfietswedren. Die 2016-fliek, ’n Man soos jou Pa, het ook gespog met twee liedjies vanuit die pen van die duo. Hul debuutalbum, “Storm”, het hulle weer in 2016 vrygestel as “Aroma”, met twee bygevoegde bonusliedjies, waarvan Laurika Rauch se bekende liedjie, Kinders van die Wind, ’n nuwe interpretasie deur die duo gekry het.

Fryer’s Cove-wingerde spog met hul eie reeks wyne wat menige toekennings ontvang het. Die wyne vul die restaurant se heerlike spyskaart aan wat ’n ontploffing van Weskus-geure in jou mond tot gevolg sal hê. Die restaurant is op die kaai langs die ikoniese vuurtoring geleë en het ’n asemrowende uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Wees seker om jou bespreking by Fryer’s Cove by 027 215 1092 te maak. Kaartjies is ook te kry by die Vredendal-toerismekantoor.
Toegangsfooi is R180 en sluit ’n heilsame maaltyd in. Middagete word bedien om 13:00 en die Coffee Snob-vertoning begin om 14:00.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?