Melkboomsdrift Lodge

Melkboomsdrift Lodge is in die hartjie van die Olifantsriviervallei tussen Vredendal en Lutzville geleë. Dié wynplaas, met sy gerestoureerde plaashuis, is die ideale oornagplek op die N7 tussen Kaapstad en Namibië en dis net 20 minute se ry tot by die Weskus indien jy wil walviskyk.

 

Dié historiese gebou met sy pragtige suites het in 1992 monument-status bereik toe die eienaar die moeisame taak aangepak het om die tóé bouvallige gebou te restoureer, bloot vir die liefde van die saak. Daar is 13 tuin-suites waarvan 4 selfsorg-geriewe bevat. Elke eenheid bied slaapplek vir 1 tot 5 gaste.

 

Melkboomsdrift bedien daagliks ’n heerlike plaasontbyt en aandete en piekniekmandjies is beskikbaar op versoek. Gaste kan heerlik ontspan in die swembad wat oor die Olifantsrivier en wingerde uitkyk.

 

Daar is ook konferensiegeriewe vir tot 20 afgevaardigdes in ’n raadsaal met lugversorging en al die nodige toerusting is beskikbaar op versoek.

 

Die lodge is aan die lowerryke oewer van die Olifantsrivier aan die Weskus geleë en bied alles en meer wat ’n moeë stadsjapie of sakereisiger benodig vir ’n heerlike wegbreek.
Bron: Lekkeslaap.co.za , Melkboomsdrift Lodge

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?