Matzikama vol vermaak en moontlikheid in die vakansie

Dié skoolvakansie hoef nie verveling te wees net omdat dit die kortste skoolvakansie in die jaar is nie. Daar is vele waarmee jy en jou gesin jul kan besig hou hier in die Matzikama-streek.

Beweeg buite jou gemaksone en ontdek die magiese natuurskoon rondom jou. Ons streek het drie strande om van te kies, Papendorp, Strandfontein en Doringbaai, elkeen met sy eie unieke atmosfeer en besonderse prag. Neem gerus ’n dag om te voel of die water al warmer is vir lang dae langs die strand gedurende die somer.

Moenie net wonder oor ’n sekere restaurant se diens en kos nie. Trek jou mooi aan en gaan gereed om te eet en geniet by ’n plaaslike restaurant. Buitekant Vredendal, op pad na Klawer is Die Keldery met heerlike wyn en spyskaart vol verskeidenheid. Die Maskam Brewery op pad na Lutzville is ook ’n gunsteling met hul craft bier en sappige hamburgers. ThiArt Restaurant by die Maskam-sentrum op Vredendal sal jou meer laat vra van hul dekandente pizza’s en kleurvolle skemerkelkies. The Red Ox Restaurant by Letsatsi Lodge op Vanrhynsdorp is ook ’n wonderlike belewenis wat jou wegvoer uit die bedrywigheid van die dag.

Indien jy liewer tyd met jouself deurbring, besoek jou naaste biblioteek en krul op by die huis met ’n goeie boek. Jy kan selfs die kleintjies aansteek deur hulle saam te sleep na die biblioteek om die mees prettigste kinderboeke te besigtig. As jy verveeld raak van jouself, kan jy die kleintjies vermaak met entoesiastiese voorlesings van hul gunsteling boeke wat hulle uitgeneem het by die biblioteek.

Jou opsies vir vermaak en opwinding in Matzikama is eindeloos, besoek gerus jou naaste toerismekantoor om uit te vind wat jou volgende avontuur kan wees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?