Matzikama, die mees unieke reisbestemming

Die Namaqua-weskus is waarskynlik een van die Kaap se mees unieke reisbestemmings. Dit is ʼn
plek van ikoniese skoonheid en uitlokkende name. Die tuiste van die rietjies en die blikkitaar, van skuite op die strand en bokkoms wat onder dakke uitdroog.

Die Namakwaland het ʼn buitengewone botaniese erfenis wat wissel van die drama van die bloeiende vygieveld in die lente, na die eksentrieke miniatuurplante en die duistere grondvlakke van die Knersvlakte. Wat hierdie plante in gemeen het, is dat hulle een van die wêreld se mees unieke en bedreigde versamelings van plantspesies verteenwoordig.

Vir diegene wat ʼn meer aksieverpakte vakansie verkies, het die Namaqua-weskus baie te bied: van staproetes in die Matzikama, Koebee- en Gifberge, na kano- en riviervaarte op die Olifantsrivier. Alternatiewelik, neem ’n veldfiets of 4×4 langs die kus van Strandfontein na Jurge-se-Kaya of Brand-se-Baai, of besoek die mense op dorpe soos Molsvlei, Stofkraal en Putsekloof.

Die Weskus-wynroete beloof ʼn meer rustige ervaring en begin gewoonlik met ʼn besoek aan Trawal in die suide en eindig by Doringbaai. Daar is geen beter manier om ʼn besoek aan hierdie wonderlike streek af te sluit met ʼn bord vars kreef en ’n glas wyn in die skadu van Doringbaai se vuurtoring.

Bron: namaquawestcoast.com

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?