Margo’s Restaurant se Margo verjaar

Die mees vervullendste dinge wat jy op jou verjaardag kan doen is om al jou goeie vriende te betrek by die feesvieringe van jou spesiale dag. Dit is wat Margo, die inspirasie agter Margo’s Restaurant by Klawer Hotel vir haar verjaardag vandeesmaand gaan doen.

Die restaurant nooi dus almal wat in Oktober verjaar om hul verjaardag met hulle te kom vier. Jy moet net jou identiteitsdokument saambring om jou wysheid in jare wat in Oktober begin het, te toon sodat jy 20% afslag op jou maaltyd kan kry.

Die restaurant wat na die eienaar van die restaurant, Moorrees, se dogter genoem is, se deure is in 2003 geopen. Moorrees is ook die uitvoerende sjef en is al sedert 1970 in die kosbedryf. Hier spog hulle met hul a-la-carte spyskaart wat alles insluit van die sappigste steaks tot vertroostende pizza’s. Die pizza’s word in ’n houtoond tot liplekker perfeksie gaargemaak. Jy kan ook Maandagaande inloer vir die Margo’s Monday Burger Special. Kontak gerus die restaurant om meer uit te vind oor die geskiedenis van die restaurant en hul spesiale aanbiedinge by 027 216 1934. Die restaurant is weekliks oop van 18:30 tot 22:00.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?