Latsky-radiomuseum op Vanrhynsdorp

Vanrhynsdorp is geleë regs van die N7-snelweg op pad na Springbok. Hierdie dorpie is in 1661 gevestig nadat Europeërs die area verken het. Die dorp se naam was eers TroeTroe, en is in 1881 verander na Vanrhynsdorp.

Een van die historiese geboue op Vanrhynsdorp is die Latsky-radiomuseum in Kerkstraat. George Latsky is die eienaar van die museum. Hy het van kleintyd ’n passie gehad vir radio’s en enige radio-verwante items en dit begin versamel. Die museum huisves verskeie kamers met van die interessantste historiese radio’s. Vir diegene wat ’n passie het vir historiese klankgolwe, is ’n besoek aan die Latsky-radiomuseum ’n moet.

Vanrhynsdorp is dalk ’n klein dorpie, maar dit is meer as goud werd. Daar is ’n kalmte wat jou oorval wanneer jy hierdie dorp besoek, veral wanneer jy kyk na die ou Victoriaanse huise en geboue. Dit is beslis ’n dorp wat jy nie sommer sal vergeet as jy eers daar was nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?