Idma@Kapel, in die hart van die vrugbare Olifantsriviervallei

Idma@Kapel is ’n unieke venue waar gaste persoonlik verwelkom word. Ons bedryf ons plek met passie en met respek vir elke mens en vir die natuur en omgewing. Ons tree altyd professioneel op, maar ons maak seker ons en ons gaste geniet dit hier.
Ons venue nestel op ’n druiwe- en groenteplaas op Kapel, in die hart van die vrugbare Olifantsriviervallei, tussen Klawer en Vredendal. Dit is baie naby die N7, wat die Kaap en Namibië en ook die Kaap en Upington verbind. Eienaars Idi en Marinda Teubes en ’n toegewyde en bekwame span verseker dat elke funksie perfek beplan en uitgevoer word, en kliënte dit net kan geniet. Gasvryheid is die wagwoord op hierdie mooi plek.
Idma@Kapel is ideaal geleë op die walle van die rivier waar mens kan wegkom van die daaglikse gewoel en die platteland op sy beste kan ervaar. Die venue is naby genoeg om die talle wynplase in die distrik te besoek en ook om die heerlike Weskus- en Olifantsrivierwyne te geniet. In die lente is die internasionaal-bekende veldblomroete op hul voorstoep. Besoekers kan hul funksies só reël dat hulle nie die unieke prag van die Namakwaland kan mis nie.
Ons geriewe is perfek vir konferensies, troues, kongresse, opleiding, verjaarsdae en selfs vir produkbekendstellings of net om lekker saam met vriende bymekaar te kom. Die pragtige tuin met groot bome, langs die wingerde en die rivier, bied afwisseling om regte kreatiewe denke te stimuleer. Marinda en haar spysenieringspan het internasionale opleiding om seker te maak voorbereiding en aanbieding van alle etes is werklik uit die boonste rakke en smaaklik.
Bron: idma.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?