Hardeveld Lodge ’n oase vir avontuursoekers

Die Hardeveld Lodge in Nuwerus is vir vele verbygaande fietsryers ’n skuiling wanneer hulle die N7 aandurf. Dit is veral vir buitelanders wat avonture op hul fietse aanpak ’n vertroosting om daar te kan oornag, aangesien hulle dan by die lodge weer stamina bymekaar kan maak om weer verder die langpad aan te ‘trap’. Die lodge is vir baie Matzikama-inwoners ’n misterie en hulle weet dikwels nie van die oasis in die middel van nêrens nie.  

Die Hardeveld Lodge word bestuur deur die eienaars, Kobus en Fey Van Heerden, wat sedert 1986 in die toerismebedryf is. Hier bied hulle kampgeriewe, selfsorgeenhede asook aandete en ontbyt vir gaste. Die perseel is verder troeteldiervriendelik, as jy joune saam met jou op die pad sou wou vat. Die lodge het ’n verskeidenheid kamers van verskillende groottes om van te kies, elk met sy eie tarief. Al die spasieuse kamers is toegerus met elektroniese toebehore, asook die nodige geriewe soos beddens, handoeke en kombuisware. Die kampeerterein het elektriese punte, ablusieblokke, toilette en storte met warm water. Daar’s ook genoeg skadu en braaifasiliteite.

Die Hardeveld Lodge is ook ’n gunsteling heenkoms vir toeriste wanneer dit blommeseisoen is tussen Augustus en Oktober, maar besprekings kan enige tyd van die jaar gemaak word as jy net ’n bietjie stilte wil hê onder die oop blou lig van Nuwerus se hemelruim. Bespreek by 027 643 2010 of 074 190 7266.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?