Drie skouspelagtige dagroetes om Namakwaland se blomme te sien

Dag 1:
Ons Letsatsi Lodge is slegs 300km van Kaapstad en is die perfekte keuse vir blomme kyk in Namakwaland hierdie September. Na ’n heerlike buffet ontbyt in die Red Ox-restaurant, neem ’n 50km-roete oor die ontsagwekkende Van Rhynspas na Nieuwoudtville. Dié dorp, ook bekend as die “wêreld se blombol hoofstad”, word omring deur reservate en plase waar die beeldskone plate blomme middel-September aanskou kan word. Die Hantam Botaniese Tuin het 1350 plantspesies, terwyl die Kokerboomwoud bome het wat tot 400 jaar oud is. Besoek gerus die plaaslike toerismekantoor, geleë in die NG Kerksaal (027 218 1336), vir aanwysings na die plase wat die beste blom besigtiging bied in die tyd wat jy in die area is. Meeste paaie is toeganklik vir sedan-voertuie en sorg vir ’n onvergeetlike ervaring.

www.nieuwoudtville.com

Dag 2: ’n Wynroete langs die kus
Volg van Vanrhynsdorp ’n 180 km sirkelroete na die kus en terug. Hierdie roete bied pragtige natuurtonele en ’n wynkelder. Vanuit Vanrhynsdorp, neem die N7 na Klawer en stop by die Klawer Wynkelder. Volg daarna die pad na Vredendal, bekend vir sy blomme en wyn. Stop by Namaqua Wyne vir ’n wynproe. Ry dan na Lutzville Wyne en dan die groot afsluiting – Strandfontein en Doringbaai. Kry jou kamera reg, want hierdie kusdorpe spog middel-September met ’n geweldige blommeprag. Stap net voor sononder langs die strande met hulle wit seesand en keer terug na Letsatsi Lodge. Hierdie roete gaan deur die pragtige Olifantsriviervallei, bekend vir sy wyn, vrugte en plaasgemeenskappe.

www.namaquawines.com

Dag 3: Die area om Clanwilliam
’n Wonderlike blomme-ervaring wag op Clanwilliam, 80 km buite Vanrhynsdorp op die N7. Ramskop Wildflower Reserve, net buite die dorp, is altyd hierdie tyd van die jaar ’n visuele fees en bied ’n verskeidenheid inheemse blomspesies. Hier is verskillende staproetes wat jy kan neem na die Clanwilliam damwal. Pak eetgoed en geniet die skoonheid van die berge, die dam en die dorp self. Hiervandaan kan jy die 140km sirkelroete na Wupperthal en die Biedouw-vallei neem. Die blomme beloof om te bekoor. Wupperthal is op sigself ’n ervaring – ’n klein gemeenskap in tyd verlore. Stap deur die strate en geniet iets om te eet by die plaaslike winkel, voordat jy oor die Pakhuispas ry. Hier sien jy die Biedouw-vallei in al sy glorie. As jy in If you are interested in Boesmantekening belangstel, bespreek ’n begeleide toer by die Clanwilliam Living Landscape-projek.

www.southafrica.net/za/en/articles/entry/article-southafrica.net-clanwilliam-living-landscape-project

Spesiale Aanbod: Aand voor óf na – 30% afslag
N.C. Famous bied ’n wonderlike aanbod by al ons instansies. Jy en jou geliefdes kan 30% afslag kry op julle verblyf by enige van ons instansies op die aand voordat, of nadat, julle by enige van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke gebly het. Hierdie aanbod is slegs geldig met bewys van julle verblyf by enige van die SANParke reservate. Toon jou bewys met aankoms en ons sal seker maak dat jy die afslag kry wanneer jy vertrek. Maak vandag nog van hierdie aanbod gebruik.

www.ncfamouslodges.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?