Doringbaai se verskeie buitemuurse aktiwiteite

In die klein Weskus-vissersdorpie Doringbaai is ontspanning aan die orde van die dag. As jy opsoek is na ʼn wegbreek-geleentheid van die stad se gedruis en gejaagde lewe, sal jy hierdie Weskus-dorpie waardeer.

Doringbaai het ook verskeie buitemuurse aktiwiteite waaraan jy kan deelneem en wat jy kan geniet. Met baie om te sien en om te doen is Doringbaai ook bekend vir die walvisse wat die waters rondom die dorp besoek.

Die walvisse besoek die oewers van Doringbaai elke jaar van laat Julie tot November. Die dorp word omring deur bergreekse en kranse wat dit perfek maak vir stap- en bergfietsliefhebbers.

Hier is ook verskillende watersportsoorte wat jy kan geniet soos kajak, seilplankry, snorkel en vele meer. Doringbaai en omgewing is ook die tuiste van ’n verskeidenheid voëlsoorte wat voëlkykers sal waardeer. Wyntoere word in die omgewing aangebied en jy kan jou besoek aan die dorp afrond deur te ontspan met ‘n potjie golf.

Met hierdie verskeie buitemuurse aktiwiteite wat jy kan doen is dié klein Weskus-vissersdorpie beslis een van die plekke wat jy moet besoek.

Bron: www.southafrica.net

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?