Die pragtige dorp, Lutzville

Die area rondom Lutzville was oorspronklik bekend as Vlermuisklip, afkomstig van ’n dorpie daar naby waar daar ’n rots oor die dorp hang gehad. Daardie dorpie se naam was Vleermuijsklip. Hierdie rots is gebruik as skuiling. Britse soldate het gedurende die Suid-Afrikaanse oorlog in 1899-1902 ook die rots as skuiling gebruik. Lutzville het in 1923 ontstaan en is genoem na Johan Lutz, ’n ingenieur wat aan die Clanwilliam-dam gewerk het.

Twee van die bekendste toeriste-aantrekking op Lutzville sluit in die Vleermuijsklip-rots en die Melkboomsdrift-plaashuis wat in 1825 gebou is. Die Sishen-Saldanha-treinspoorbrug is ook ’n stop wat op jou lysie moet kom. Die brug is 52,5 meter hoog en is in 1976 voltooi. Daar is 22 pilare wat die brug ondersteun.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?