Die beste wynkelders in die Matzikama-streek

Kry jy dalk eersdaags kuiergaste of verhuis jy dalk binnekort na die Matzikama-streek en jy is nie seker waarheen jy jouself of jou kuiergaste moet neem nie? Die Matzikama-streek is baie bekend vir die verskillende wynkelders en ook wynmakers wat die lekkerste wyne produseer.

Maak seker jy en jou kuiergaste besoek die volgende plekke:

Maskam Brewing Company:

Maskam Brewing Company is geleë langs die R363 tussen Vredendal en Lutzville. MBC is bekend vir hul selfgebroude craft biere en gesellige restaurant. Hul spyskaart bied heerlike opsies asook die lekkerste wyn. Bespreek by 082 888 0119 of maree@maskambrewing.co.za.

Teubes-wyne:

Teubes-wyne, geleë langs die R363 tussen Vredendal en Klawer, spog met ’n verskeidenheid wyne, waaronder rooiwyn wat al vir drie generasies gemaak word. Hulle het heerlike kos en bied ’n ook wynproë aan. Indien jy belang stel om die wyn te proe, kontak hulle by 027 213 2377 of www.teubeswines.co.za.

Namaqua-wynkelder:

Namaqua-wynkelder, ook geleë langs die R363 tussen Vredendal en Klawer, is bekend vir hul restaurant en wynproelokaal, Die Keldery. Die restaurant is bekend vir lekker geregte en hul gasvryheid en personeel wat jou op die hande dra tydens jou besoek. Hulle bied ook ’n gratis wynproe aan en sjokolade- en biltong-wynparing teen R35 en daar is ook ’n druiwesapproe vir kinders. Indien jy meer inligting oor Namaqua-wynkelder benodig, kontak 027 213 3699 of besoek hul webwerf by www.namaquawines.com of www.diekeldery.com.

Klawer Wynkelder:

Klawer Wynkelder is op die N7 geleë. Die wynkelder is bekend vir die gehalte wyne wat hulle produseer en wyne soos Chenin Blanc, Merlot, Sauvignon Blanc en Pinotage word by dié kelder gemaak. Hulle bied ’n gratis wynproe by die kelder aan en het ook lieflike groen grasperke waar jy met ’n bottel wyn of drie kan ontspan. Bespreek vir ’n wynproe-sessie by 027 216 1530 of stuur ’n e-pos na ontvangs@klawerwyn.co.za.

As jy dalk onseker is oor wie jy kan skakel, hoef jy nie bekommerd te wees nie want Namaqua West Coast (toerismekantoor op Vredendal) se personeel sal jou met graagte help. Kontak Namaqua West Coast by 027 201 3376 of stuur ’n e-pos na info@visitnwc.com of besoek hul webtuiste by www.visitnwc.com

As jy dus van plan is om te verhuis of kuiergaste oor kry, hoef jy nie net by die huis te sit nie. Jy kan besoekers op ’n wyn-uitstappie neem en hul toelaat om hulleself te geniet in die ware Matzikama-styl. Dit is beslis die moeite werd en iets om na uit te sien.

      

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?