Country-legendes maak Madeliefie Makietie een van grootste feeste in die land

Belangstelling vir die Madeliefie Makietie wat op 26 en 27 Oktober op Strandfontein gehou word, is so groot dat besoekers nou ’n bykomende bonus het! Nie net gaan 20 van ons land se top-kunstenaars hier optree nie, die immergeliefde Country Legends – Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce en Tommy Dell – gaan ook daar wees. Dit maak dit ongetwyfeld een van die grootste feeste in die land en een wat niemand kán misloop nie!

Hierdie country-sangers het die land al vir dekades gaande met hul treffers en het geen bekendstelling nodig nie. Die ander kunstenaars by die fees is Leah, Jo Black, Willem Botha, Irene-Louise Van Wyk, Lee Scott, Karlien van Jaarsveld, Majozi, Snotkop, Juan Boucher, Dirk van der Westhuizen, Dobbelsteun, El Clay, Wynand & Chereé, Gert Engelbrecht, Jan Rhaap, Greunen Parker, Armand Steenkamp, Twin Voice en Dawid van der Merwe.

Volgens Cindy Schade, woordvoerder van die fees, is die organiseerders uitgeboul deur die ongekende belangstellings in die fees en wou hulle besoekers verras met nog ’n vertoning wat so reg in almal se kraal sal val.

“So baie van ons het grootgeword met die Country Legends en om hulle almal saam op een verhoog te sien, gaan beslis vir baie mense ’n droom wees wat waar word. Die country-ikone is op Vrydag, 26 Oktober van 18:30 tot 21:30 te sien by die perdeskoen-amfiteater,” sê Cindy.

Die pragtige stranddorp Strandfontein, wat vir die tweede keer gasheer speel vir die immergewilde Madeliefie Makietie, gaan op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober in rep en roer wees. Daar gaan drie verhoë wees, talle stalletjies met die heerlikste versnaperinge en drankies, wonderlike vermaak vir die jongspan en nog vele meer.

“Die fees raak net elke jaar groter en groter! Strandfontein se lieflike ligging, die ongelooflike uitsig oor die see, Weskus-gasvryheid en die joviale atmosfeer wat eintlik ook die begin van die somer aandui, is ’n absolute wenresep. Maak seker jy kry vandag nog jou kaartjie om hierdie besonderse Weskusfees saam met ons te geniet,” sê Cindy.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Kaartjieverkope is as volg:

Vir Vrydag, 26 Oktober:

Kaartjies vir kinders – R50 (7 – 17 jaar)
Kaartjies vir volwassenes – R100

Vir Saterdag, 27 Oktober:

Kaartjies vir kinders – R60 (7 – 17 jaar)
Kaartjies vir volwassenes – R130

Vir medianavrae: Cindy Schade

E-pos: cindy@namaqua-eng.co.za
Tel: 071 568 3972

Uitgereik deur Lightspeed Digital Media

Vir navrae: Chrisma Engelbrecht

E-pos: chrisma@lightspeeddigital.media

Tel: 071 086 2933

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?