Clear Water Oasis

Clear Water Oasis is ’n familieplaas wat lekker naby Vanrhynsdorp, langs die R27, onderweg na Namibië en Kaapstad geleë is. Die plaas is in ’n rustige area en is ’n goeie plek om te bly as jy Namakwaland en die Weskus met sy tientalle besienswaardighede wil besoek.

Verblyf is beskikbaar is verskeie kamers, of dit nou vir ’n sakereis of vir vakansiepret is. Elkeen van ons kamers het lugversorging, ’n kroegyskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en ’n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 2 selfsorgeenhede wat ’n kombuisie met ’n tweeplaatstoof, mini-oond en yskas-vrieskas het.

Die kamers word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. ’n Wasgoeddiens is beskikbaar teen bykomende koste. Sakegeriewe soos WiFi, skandeer- en e-pos-geriewe is beskikbaar op versoek. Alle gaste is welkom om gebruik te maak van die swembad en jacuzzi – maar geen kinders onder die ouderdom van 18 word toegelaat sonder volwasse toesig nie.

Paiter’s Grill restaurant is op die plaas in ’n pragtige lapa geleë met die swembad reg langsaan en die Maskamberg in die agtergrond. Dié restaurant is hoofsaaklik oor naweke oop, maar is ook per bespreking beskikbaar vir troues en funksies.

Bron: lekkeslaap.co.za, Clear Water Oasis

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?