Besoek Lemoenkloof Plaas vir jou gemoedsrus

Lemoenkloof Plaas bied gerieflike selfsorg-plaasverblyf geleë op ’n wynplaas 4 km van Klawer en op die N7 na Kaapstad. Die plaas is slegs 500 m van die teerpad geleë. Die selfsorg-verblyf vorm deel van die hoofplaashuis en dit bestaan ook uit drie mooi en suite-eenhede met privaat ingange.

Elk van die selfsorg-eenhede het ’n TV, mikrogolf, tee- en koffiegeriewe, yskassie en lugversorging. Elke suite het ook ’n patio met toegang tot die braai-area. Daar is groot braaigeriewe met ’n tafel vir agt persone en genoeg vuurmaakhout vir almal. Ons kan individue en gesinne akkommodeer. Geniet die warm gasvryheid, rustigheid en privaatheid in die plaashuis op ’n werkende plaas.

Die plaas grens aan Klawer Wynkelder met hulle bekroonde Birdfield-wyne. Of jy nou op vakansie is of op ’n sakereis, ontspan en geniet die vreedsame omgewing en landelike leefstyl. Besoek Lemoenkloof Plaas, dit sal beslis die moeite werd wees.

Bron: Lekkeslaap.co.za,Lemoenkloof Plaas

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?