Aan-De-Kleinrivier Padstal vol verrassing

Dit is nie altyd ’n slegte ding om jou kop teen ’n muur te stamp nie. Veral as jy die Aan-De-Kleinrivier Padstal se mure buitekant Vredendal tegemoet kom.

Dit is altyd ’n aangename gevoel om jou omgewing  te herontdek. Die padstal is verskuil agter ’n muur op die R362 geleë. Hier sal almal in die gesin lafenis vind. Die vrugte en groente wat hulle verkoop, word gekoop van die nabygeleë boere in die area. Vrugte en groente sluit druiwe, waatlemoene, mielies en botterskorsies in soos seisoenaal beskikbaar is. Die heerlike rosyne en voortreflike brandrissie-produkte is ook van die omliggende plase. Gevolglik is die padstalpryse maklik bekostigbaar omdat hulleself die produkte verskaf. ’n Verskeidenheid van droëvrugte word ook regstreeks van die plase verkry.

Jy kan jouself ook bederf met heerlike wortel- of sjokoladekoek terwyl die kinders op die welige groen gras, swaai en trampolien speel. Die melkskommels en cappuccino’s is ook altyd verfrissend en proe nog beter met hul sponsige muffins. Kontak Karin by 082 801 3171 of karingreeff7@gmail.com om uit te vind wat nog agter die muur verskuil is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?