Toast Coetzer van Weg Agterpaaie besoek Maskam Brouery

Toast Coetzer, skrywer vir die tydskrif WEG!, hou deesdae sy lyf aanbieder ook. Die televisiereeks, Weg Agterpaaie, is ’n realiteitsprogram wat na verskillende plekke reis om die mooi van veral klein dorpies, die mense en wat hulle doen, op kamera vas te vang.

Op Woensdag, 15 November het Coetzer en die span van Weg Agterpaaie, as deel van hul toer deur die Namakwa Weskus, Maskam Brewing Company besoek. Hulle het in diepte ingegaan oor wat by MBC gebeur en wat hulle aanbied. Hulle het veral gefokus op Maskam Brouery se craft biere. Maskam Brouery het vandag spesiaal gebrou en Weg Agterpaaie die proses daarvan gewys.

Joyce Botha, ma van eienaar Mareé Botha, het aan Sophia Van Taak, mede-aanbieder van Weg Agterpaaie en skrywer vir WEG!, haar spesialiteit, die meng van alkoholiese drankies gewys.

Die span het ook ’n draai by Teubes Family Wines net buite Vredendal gemaak waar hulle deur rieldansers vermaak is. Die rieldansers het ook vir Van Taak probeer leer hoe om te rieldans, maar volgens haar kon sy dit nie so lekker kry nie.

Die span het ook onder meer by die netvissers van Papendorp geleer van hardersvang in die Olifantsriviermond en ’n draai gemaak op Lambertsbaai. Van Taak sê dat die omgewing hier in die Matzikama-streek baie mooi is.

“As die geleentheid daar is, sal ek in ’n oogwink na ’n omgewing soos hierdie kom trek,” sê Van Taak.

Die dag is afgesluit met ’n ete en drankies, voorgesit deur Maskam Brouery. Die episode sal in Maart 2018 op DStv-kanaal, VIA uitgesaai word.

Weg Agterpaaie toer nog tot einde November teen die Weskus op met draaie deur die Namakwaland en die Richtersveld.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?