Tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou is hier!

Die tiende seisoen begin vanaand om 20:00 op kykNET. In die eerste drie episodes word boere uit vorige seisoene besoek. Nuwe seisoen se boere se soektog na liefde begin op 2 November. Vir ’n dekade lank soek kykNET se boere-Cupido al liefde vir Suid-Afrikaanse boere.

Vanaand begin die tiende seisoen van hierdie uiters gewilde reeks op kykNET met die belofte dat dit nóg groter en beter as die vorige seisoene gaan wees.

Op aandrang van kykers, wat gereeld vra wat van dié gewilde reeks se vorige seisoene se boere geword het, gaan Boer Soek ’n Vrou se eerste drie episodes ’n terugblik gee oor vorige reekse – en veral wat die stand van sake van daardie boere (en hul liefdeslewe) vandag is.

Só word daar in Donderdagaand se eerste episode opgevang met vier boere wat die land al aan die gons gehad het: Ludwig van seisoen twee, Jacobus van seisoen drie, Hubert van seisoen vyf en Gerrie van seisoen sewe.

Dan gaan kykers van Donderdag 2 November vir die daaropvolgende 13 weke, tot 25 Januarie 2018, saam met Minki van der Westhuizen die nuwe boere se liefdespaadjies loop.

Vanjaar se boere is:

Johan

Ouderdom: 60

Boerdery: Beeste

Area: Carolina, Mpumalanga

 

Adriaan

Ouderdom: 27

Boerdery: Gemeng

Area: Riversdal, Wes-Kaap

 

Carl

Ouderdom: 31

Boerdery: Skaap en bees

Area: Carnarvon, Noord-Kaap

 

Eben

Ouderdom: 29

Boerdery: Wild

Area: Dwaalboom, Limpopo

 

Ruan

Ouderdom: 27

Boerdery: Gemeng

Area: Jan Kempdorp, Noord-Kaap

 

Heleen

Ouderdom: 53

Boerdery: Wild en bees

Area Pienaarsrivier, Limpopo

 

Willie

Ouderdom: 23

Boerdery: Saai en bees

Area: Viljoenskroon, Vrystaat

 

Jacques

Ouderdom: 27

Boerdery: Skaap, vervoerbesigheid

Area: Loeriesfontein, Noord-Kaap

 

Braam

Ouderdom: 32

Boerdery: Groente

Area: Oos-Londen, Oos-Kaap

 

Stoffel

Ouderdom: 30

Boerdery: Gemeng

Area: Rooiwal, Koppies, Vrystaat

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?