Tehuis kry talle boekskenkings

Die afgelope tyd het Vredendal-tehuis verskeie boekskenkings van die publiek ontvang en hulle is besonders dankbaar om mense te hê wat vir hulle omgee. Met al die skenkings moes hulle plek maak vir die nuwe boeke en Juliana Smith het besluit om die taak aan te pak. Sy is tans besig om die biblioteek in orde te kry en die tehuis wil haar bedank vir al haar moeite en tyd wat sy aan hierdie projek bestee. Die tehuis bedank ook vir tannie Ena van Zyl wat haar so nou en dan kom uithelp.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?